Venezuela vra hulp by Amerikaanse State

Gustavo Tarre

Gustavo Tarre, het namens die amptelike opposisie hulp gevra by die Organisasie van Amerikaanse State (OAS) om die krisis in Venezuela op te los.

Gustavo Tarre is Venezuela se verteenwoordiger van die opposisieparty by die OAS , en het ’n dringende oproep gedoen om hulp sodat Venezuela “herstruktureer” kan word.

Die oproep om hulp kom ’n dag nadat die diktator, president Nicolas Maduro, die uittrede uit die OAS aangekondig het.

Gustavo Tarre het ’n toespraak gelewer in Washington en gesê die OAS lande se dringende bystand is nou nodig om die ellende in Venezuela te verlig.

Hy sê die OAS kan dien as koördineerder en kan as instrumentele meganisme betrokke wees om die noodhulp onder die inwoners te verlig.