Venezuela troepe vlug na buurlande

Weermag troepe en offisiere van Venezuela is besig om op groot skaal die land uit te vlug omdat hulle weier om die omstrede en onmenslike bevele uit te voer.

Verskeie lede van die Weermag het reeds uitgewyk na buurlande, maar die meeste vlug glo na Brasilië en Columbië waar hulle deur die regerings ontvang word.

Minstens elf offisiere wat na Brasilië gevlug het, sê dit het onmoontlik geword om die opdragte wat gegee word uit te voer, en daarom het hulle verkies om eerder die land te verlaat voor hulle vervolg kan word.

Die soldate sê die grootste aantal weermaglede wat uitwyk, het na Columbië gevlug maar verskeie ander het ook na ander buurlande uitgewyk.

Die Departement van Immigrasie van Columbië se meer as 1,400 lede van Venezuela se weermag is reeds by hulle aangemeld.