Venezuela se diktatorskap vererger

Juan Guaidó

Die diktator, president Nicolas Maduro, het ’n volgende drastiese stap geneem om te verseker dat sy bewind nie omver gegooi word deur die demokrasie nie.

Sy regering het nou ’n beletsel geplaas op die selfverklaarde tussentydse president van die land, Juan Guaidó, sodat hy nie vir die volgende 15 jaar mag deelneem aan verkiesings nie.

Die regering se besluit is op die staat se TV-kanaal uitgesaai, en het ondersteuners van Juan Guaidó woedend gemaak.

Die regering se besluit volg op die hof wat aan Maduro steun verleen, se beslissing wat allerweë beskou word as ’n poging om die jong leier vir goed uit die politiek te hou.

Elvis Amoroso, die Rekenhof voorsitter erken dat hy die besluit geneem het en die regering dienooreenkomstig ingelig hê dat die opposisieleier vir die volgende 15 jaar nie aan verkiesings mag deelneem nie.

Juan Guaidó is tans ook die voorsitter van die parlement waar sy opposisieparty in die meerderheid is.