Venezuela: politieke spanning verhoog

Juan Guaido,

Die spanning tussen die president, Nicolas Maduro, en die leier van die opposisieparty van Venezuela is besig om na breekpunt t styg.

Die opposisieparty van Juan Guaido, wat die Nasionale Vergadering oorheers met ’n sterk meerderheid, moes die afgelope naweek een van sy belangrikste saamtrekke kanselleer toe die ondersteuners van Maduro die paaie blokkeer het sodat hy nie toegang tot die stad kon kry nie.

Juan Guaido  het vanaf die hoofstad Caracas na ander stede beweeg om massa byeenkomste te hou in ’n poging om groter druk op Maduro te sit, maar die owerhede probeer die byeenkomste kelder deur toegangspaaie te blokkeer.

Gilber Caro, die leier van ’n kleiner politieke party en vennoot van Juan Guaido, sê die Maduro owerheid het 11 van sy ondersteuners gedagvaar om voor die Intelligensie Diens te verskyn, maar di aanklag teen hulle is onbekend.