Venezuela ook op beurtkrag

Nicolas Maduro


Venezuela se omstrede president, Nicolas Maduro, het aangekondig dat die land vir die volgende maand onderwerp gaan word aan “beurtkrag” wat die land volgens kenners, ekonomies verder gaan lamlê.

Maduro het aangekondig dat die land se skole steeds gesluit sal bly weens die gebrek aan elektrisiteit, ’n die werksure van volwassenes word ook verminder.

Die land se chroniese tekort aan elektrisiteit en water het egter nou die inwoners na die strate laat gaan uit protes vir die swak landsbestuur.

Maduro het gesê die reëlings is nodig om die situasie met kraglewering te herstel, maar kon nie uitwys hoe dit gedoen word nie.

Met skole gesluit en sakeondernemings wat vir ’n maand slegs tot 2 namiddag oop is vir sake, is dit waarskynlik die doodsklok wat vir die president gaan lui.