Venezuela kiesers woedend oor dienste

Die korrupte sosialis, president Nicolas Maduro, kry van nuuts af teenstand met derduisende kiesers wat in Venezuela se hoofstad, Caracas, saamgedrom het uit verset teen die verswakkende dienste.

Die kiesers betoog teen die gereelde kragonderbrekings wat groot dele van die land vir ure lamlê, asook die tekort aan water weens die kragonderbrekings.

Bowenal is daar langdurige selfoon onderbrekings wat kommunikasie soms tot stilstand ruk, en opposisielede het gevolglik in hulle duisende saamgedrom in die hoofstrate van Caracas, terwyl ’n paar honderd regeringsondersteuner eenkant gestaan en toekyk het hoe die massa van kiesers saamkom.

Venezuela se President van die Nasionale Vergadering, en leier van die opposisieparty, Juan Guaido, het die groot skare toegespreek en is verskeie kere deur luid applous onderbreek.

“Ons kom bymekaar want ons eis water en elektriese krag/ Ons kom bymekaar en eis hiermee vryheid en demokrasie”, het Guaido onder luide toejuiging gesê.

“Ons gaan nie toelaat dat hierdie klomp skurke ons land vernietig nie”, het hy bygevoeg terwyl honderde vlae en baniere rondgeswaai is.