Venezuela: Duisende stroom na buurland

Duisende inwoners van Venezuela het deur die versperrings gebreek wat opgestel is deur die owerheid op die Simon Bolivar brug ten einde na Columbië te gaan om voedsel te koop.

Intussen het die regering van Columbië ’n beskuldiging gerig tot Rusland vir sy versteuring in Venezuela met sy militêre teenwoordigheid.

Van die inwoners het oor die versperrings geklim wat geplaas is om die mense van Venezuela te verhinder om na Columbië te gaan vir die aankoop van noodsaaklike lewensmiddele.

Volgens waarnemers word die spanning al hoër in die land en inwoners raak al meer aggressief weens die onbekombaarheid van lewensmiddele en die aanhoudende kragonderbrekings wat affektiewe funksionering in die werkplek haas onmoontlik maak.  

Die owerheid en die Weermag se pogings het egter misluk met die tienduisende inwoners wat die brug bestorm het en hulle nie laat voorkeer deur die versperrings nie.

Gewapende weermag soldate het aanvanklik die enkelinge wat probeer het om die grns oor te steek, verhinder, maar het self die wyk geneem toe duisende inwoners die versperrings bestorm het.

Die optrede van Maduro het daartoe gelei dat meer as 50 lande se regerings nie meer sy bewind erken nie, en hulle skaar agter die “ingeperkte” opposisieleier.