VBS Bank se spook loop in Venda

Koning Toni Mphephu Ramabulana

Toni Mphephu Ramabulana, die koning van Venda, het self ook geld gehad in die bankrot VBS Mutual Bank, en nou moet hy R17 miljoen terugbetaal.

Die koning wat spartel om te oorleef as Venda se opperheerser, vanweë ’n Appèlhof saak wat beveel dat hy R17 miljoen moet terugbetaal aan VBS wat hy vroeër van die bankiers ontvang het.

Die Veda Koning Ramabulana en sowat 50 aandeelhouers sakemanne, politici ’n tradisionele leiers word daarvan beskuldig dat hulle ongemagtigde voordele van die bankrot verklaarde VBS Bank geniet het.

Die VBS het in duie gestort na ’n verkies van meer as R2 miljard gerealiseer het, waarvan ’n groot deel veroorsaak is deur “onwettige uitbetalings” aan verskeie instansies en individuele persone.

Een van die beweerde “gratifikasie uitbetalings”, is glo die R17 miljoen wat aan die Venda koning betaal is, en nou terugbetaalbaar is.