Vakbonde hou SAID in staking

Tom Moyane

Die sukkelende SA Inkomstediens(SAID) word nog meer in die modder gedruk met personeel wat staak om hoër lone te bekom.

Met vakbonde wat agter die stakings sit, is die SAID nou in sy derde werksdag van staking en word al die groter kantore geraak.

Die vakbond aanhangers eis ’n verhoging van meer as 11% terwyl die werkgewer 7% aanbied.

Met die meerderheid personeel wat nog lojaal is teenoor die vorige hoof van SAID, kommissaris Tom Moyane, word die staking ook ’n groot probleem vir die regering.

Ramaphosa het verlede week aangekondig dat Edward Kieswetter aangestel is as nuwe kommissaris om diens t aanvaar op 1 Mei, wat klaarblyklik nie vir die lojaliste van Moyane aanvaarbaar is nie.

Intussen staan die werksaamhede by die instelling feitlik doodstil en kan verwag word dat belasting opgawes en afhandeling daarvan weereens verder vertraag gaan word.