Tweede sikloon tref Mosambiek

Met die tweede sikloon wat Mosambiek verlede nag getref het, word ’n erger toestand verwag as wat die eerste keer skade en ontwrigting veroorsaak het.

Die tweede sikloon is so erg dat die Verenigde Nasies gewaarsku het dat tot 600 mm reën in die noordelike provinsie van die land verwag word.

Dit is bykans twee keer meer as wat enkele weke gelede die hoofstad Beira oorstroom het en die moontlikheid van see golwe van tot 5 meter hoog kan verdere ontwrigting veroorsaak.

Sikloon Kenneth het die kus van die provinsie Cabo Delgado in die noorde teen middernag ingestroom en mense is waar moontlik, gewaarsku dat groot grond verskuiwings moontlik is en mense nie naby riviere moet vertoef nie.