Turkse regering eis hertel van stemme

President Erdogan

Hoofde van die regerende AKP party in Turkye het beveel dat die stemme ten volle oor getel word in Istanboel en beweer dat reuse foute gemaak is met die eerste telling.

Die regering beweer dat baie foute in die tel proses gemaak is in verskeie stede van die land, maar opposisiepartye sê die regering het die stryd met plaaslike verkiesings verloor in stedelike gebiede.

Politieke kenners in Turkye het voorspel dat die regerende president Erdogan ’n komende algemene verkiesing sal verloor as hy die plaaslike verkiesing in stedelike gebiede verloor.

Die verkiesing van 31 Maart het sleg verloop vir die president toe die opposisieleier in Istanboel, Ekrem Imamoglu, met 48,7$ van die stemme, die stryd gewen het, terwyl die regerende AHP 46,5% van die stemme getrek het.

Intussen het die paniekbevange leiers in die AKP reeds begin met hertel van stemme in verskeie van die 39 stemdistrikte van Istanboel.

Die opposisie het egte die stryd in Ankara gewen, en dit lyk asof die regering nie die uitslag daarvan sal betwis nie.