Trump wil Meksikaanse grens sluit

President Donald Trump van Amerika het in sy reeks boodskappe op die sosiale netwerk gesê hy oorweeg dit sterk om die grens met Meksiko te sluit.

Hy sê Meksiko doen niks om sy mense te keer dat hulle nie na die VSA oorloop nie, en Amerika kan nie toelaat dat onwettige immigrante vanaf Meksiko die land binnekom nie.

Die Amerikaanse president sê die grens sal gesluit word indien mksiko nie hierdie week drastiese stappe doen om te verhoed dat sy inwoners onwettig na die VSA stroom nie.

 Kenners wys daarop dat ’n sluiting van die grens tussen die twee lande ’n drastiese stap is wat menige handelstransaksies nadelig sal raak, en die verwagting is dat Meksiko positief sal reageer op die waarskuwing van President Trump.

 Meksiko kan nie bekostig om die handel met Amerika te verloor weens die sluiting van die grens nie, veral omdat talle groente en vrugte produsente in Meksiko afhanklik is van die VSA vir die afset van hulle produkte.