Trump vervang Minister van Veiligheid

Kevin McAleenan

Kirstjen Nielsen word as Minister van Binnelandse Veiligheid vervang in die Amerikaanse regering van President Donald Trump.

Kevin McAleenan word die nuwe Minister van Binnelandse Veiligheid, wat tot hede die amp as Kommissaris van Doeane en Grens bewaking was.

Die president het Nielsen bedank vir haar werk die afgelope 18 maande, en waarnemers sê sy tree af om meer tyd by haar familie te spandeer.

Die bedanking van Nielsen is onverwags aangesien sy nog enkele weke gelede sterk standpunt ingeneem het oor die noodsaaklikheid van die grensmuur met Meksiko.

Sy het kort na haar besoek by President Trump in die Wit Huis, haar bedanking ingedien wat dan ook deur die president aanvaar is.

Kevin McAleenan het vroeër ’n doktorsgraad in die regte behaal en verskei senior posisies beklee.

Sy vader is ’n boorling van Ierland en sy moeder is van Finse afkoms, maar albei ouers is Amerikaanse burgers.