Trump oorweeg Invoerheffings teen Meksiko

Die instroming van onwettige immigrante uit Meksiko na die VSA, het President Donald Trump laat besluit om die buurland te waarsku dat invoer heffings ingestel gaan word.

Die Amerikaanse president waarsku dat Meksiko nie genoeg doen om te voorkom dat mense uit sy land oor die grens kom ba Amerika.

Vroeër het die president gewaarsku dat hy die grens met Meksiko gaan sluit, maar dit blyk dat hy daarvan afgesien het weens die noodsaaklikheid om groente en vrugte uit die land te kry.

Die president het egter gesê die VSA gee Meksiko een jaar tyd om maatreëls in te stel wat die deurlopende insmokkel van dwelmmiddels na die VSA gaan stop, anders sal hy genoodsaak wees om nog sterker maatreëls in te stel.

Trump het gewaarsku dat die invoer van voertuie uit Meksiko die eerste lyn sal wees waarop swaar invoerheffings sal wees as die dwelm smokkel nie deur Meksiko gestop word nie.