Trump onskuldig, en Obama….?

Graig en Obama

Die voormalige senior beampte in die Amerikaanse Wit Huis, Greg Craig, word vervolg omdat hy gelieg het oor werk wat hy gedoen het vir die regering van die Oekraïne.

Craig is deur Barack Obama aangestel en die twee linkse Demokrate se werksaamhede het nou onverwags op die lappe gekom met die Robert Mueller ondersoek na Russiese inmenging in die presidentsverkiesing.

Die linkse media soos CNN het vir twee jaar die verkeerde mense beskuldig met deurlopende beriggewing asof president Trump gekonkel het.

Nou blyk dit dat die bordjies verhang is met inligting wat uit die Mueller verslag na vore kom.

Volgens die verslag het Craig onder Obama gewerk en skakeling met die Russe gehad via die Oekraïne, wat verklaar waarom president Trump gesê het ondersoek moet ingestel word na Barack Obama se bedrywighede met die Russe.

Die feit dat dit nou na bykans sewe jaar bekend word dat Craig kontak gehad het met die Russe, word allerweë beskou as ’n onderduimse handeling waarby Obama waarskynlik betrokke was.