Trump en Moon bespreek Noord-Korea

Presidente Donald Trump en Moon Jae-in

Die Amerikaanse president, Donald Trump, en die president van die Suid-Koreaanse staat, Moon Jae-in, het die afgelope naweek in die Wit Huis samesprekings gevoer oor Noord-Korea.

Te midde van die oneerlike optrede van die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-Un, wat geswyg het oor een van sy belangrikste kernwapen aanlegte, glo die Amerikaanse president steeds dat ’n ooreenkoms met die land bereik kan word.

President Trump gee egter toe dat hy gedink het die wêreldwye sanksies teen Noord-Korea sou Kim Jong-Un tot ander insigte bring oor sy kernwapen ontwikkelingsprogram, maar tot hede het niks verander nie.

President Moon tree op as tussenganger om Noord-Korea se kernwapen program beëindig te kry, maar die oneerlikheid van die kommunistiese leier het weer na vore gekom tydens die onderhandelinge in Vietnam, wat President Trump laat besluit het om die voortgaan van die onderhandelings te staak

Die vermoede bestaan dat Trump en Moon die moontlikheid van ’n opvolggesprek bespreek het, maar geen besonderhede is vrygestel nie.