Trump beoog nuwe wapen ooreenkoms

Die Amerikaanse president, Donald Trump, beoog om ’n nuwe ooreenkoms met Rusland en Sjina aan te gaan om die nuwe wapen wedloop te voorkom.

Die president het sy regering versoek om te kyk na die moontlikhede om gesprekke te begin met Sjina en Rusland wat behels ’n nuwe ooreenkoms wat sal voorkom dat die huidige neiging om ’n wapen wedloop te begin, uit te skakel.

Die vrees vir ’n hernude wedloop waarin kernwapen ontwikkeling weer hervat word, is reeds wêreldwyd nadat Rusland bekendgemaak het dat hy onttrek uit die ooreenkoms wat jare gelede met president Ragan van die VSA aangegaan is.

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, het vroeër gesê ’n nuwe ooreenkoms is nodig waarby Sjina ook betrek word, ten einde te verseker dat die belangrikste moondhede nie buite rekening gelaat word nie.

In reaksie op die aankondiging het Rusland gesê hy glo nie die Amerikaanse president is ernstig met sy nuwe ooreenkoms nie.