Tronk toe – Ses jaar later

Die bestuurder van die groter Bloemfonteinse munisipaliteit, Lehlohonolo Nakedi, moet hom vandag aanmeld by die Bloemfonteinse Korrektiewe Fasiliteit om 10 jaar tronkstraf uit te dien.

Nakedi is reeds in 2013 skuldig bevind aan korrupsie, bedrog en geld wassery.  Sy geveg om tronkstraf vry te spring is finaal beëindig toe die Konstitusionele Hof sy aansoek om appel van die hand gewys het. 

Hy sal twee vonnisse van 10 en 8 jaar gelyktydig uitdien, maar meningsvormers reken hy moes reeds ses jaar gelede agter tralies gewees het ’n dat hy geen toegang tot verdere hofsake toegestaan moes word nie.