Treinvrag immigrante oppad na VSA

 Honderde onwettige immigrante uit Sentraal-Amerikaanse state is onderweg na Amerika op ’’n oop trok trein wat goedere vervoer.

Die immigrante hoop om die VSA te bereik op die goederetrein wat reeds in Meksiko aangekom het.

Die owerhede in Meksiko is erg gefrustreer deur die nuwe poging om die Amerikaanse grens te bereik, veral omdat hulle gewaarsku is deur die Trump-regering om nie die onwettige immigrante toe te laat om na die grens te beweeg nie.

Die regering van Meksiko reken die trein dra sowat 1,300 onwettige immigrante, maar die Meksiko owerheid ht daarin geslaag om die grootste aantal te oortuig om nie verder te reis nie.

Nagenoeg 400 mense, vroue en kinders ingesluit, is egter vasbeslote om voort t gaan met die reis.