Terroriste aanval op blankes

Die dame se arms is potblou

Sommige werknemers van Volkshulp 2000 is woonagtig in Danville, Pretoria Wes.

Op Maandag 25 Maart, die middag was een van die dames wat werksaam is by Volkshulp 2000 oppad huis toe en nadat sy van die openbare bus in Danville afgeklim het, is sy deur ‘n swart terroris aangeval. Sy het haar egter verset toe hy probeer het om haar te verkrag en ten einde laaste het hy haar gelos en met haar handsak in nabygeleë brandende bosse verdwyn.

Op Maandag 1 April is ‘n ander dame, ook werksaam by Volkshulp 2000 deur dieselfde terroris aangeval, aangerand en ernstig beseer terwyl sy die oggend oppad was busstop toe. Sy het haar ook verset en hy het haar op ‘n stadium gelos en die hasepad gekies.

Beide hierdie dames het nie hulle eie vervoer nie en is dus afhanklik van openbare vervoer wat nie altyd op tyd is nie. Tydens ‘n gesprek met die bestuurder van Volkshulp 2000 het dit aan die lig gekom dat hulle graag hulle eie bussie sal wil bekom om die personeel na en van hulle werk te vervoer. Weens ‘n tekort aan fondse is dit egter nie moontlik nie.

Die vraag word gevra deur die bestuur en redaksie van  Die Vryburger of daar nie êrens ‘n bussie beskikbaar is wat nie in gebruik is nie, en wat aan Volkshulp geskenk kan word vir die doel om personeel mee te vervoer.

Ten einde hulp aan te bied kan daar met die bestuurder van Volkshulp 2000, Corrie du Plessis by selfoon 0826827454 geskakel word.