Te min vir herstel van Vaalrivier besoedeling

Die besoedeling in die Vaalrivier, en in besonder ook in die Vaaldam is so erg dat meer as R2 miljard benodig word om die krisis af te weer.

Met Weermag soldate word daar nou vir ’n tweede keer pogings aangewend om die gemors op te ruim wat die Vaaldam besoedel teen ’n koers wat die gebruik van die water onmoontlik gemaak het.

Die ANC regering het skielik besef dat iets gedoen moet word, en met ’n paar Rand die Weermag opgevorder om die regering en sy plaaslike owerhede se gemors op te ruim.

Dit was veels te min geld vir die spandabelrige Weermag, en heel gou was die geld gedaan en die werk gestaak.

Nou het die Ramaphosa regime weer R341 miljoen beskikbaar gstel sodat die Weermag soldate met die opruimingswerk kan voortgaan.

Inwoners langs die rivier, en mense in die aanliggende dorpsgebiede sê hulle kan die geweldige reuk van riool wat na di rivier instroom, nie meer verduur nie.

Intussen is vasgestel dat die Vaaldam se water onder geen omstandighede vir menslike gebruik geskik is nie, en suiwering kan eers gedoen word as die Weermag daarin slaag om die besoedeling t stop en die dam skoon te kry.