Taxi minibus se twyfelagtige bestaan

’n Bekende sakeman van Pretoria het in ’n eksklusiewe onderhoud met Die Vryburger gewys om die twyfelagtige funksies van die minibus taxi ondernemings in Suid-Afrika.

Hy sê in Suid-Afrika is meer as 150,000 minibusse elke dag bedrywig op die slaggat belaaide paaie om werkers na en van hulle werksplekke te vervoer.

Hulle is onbetroubaar is dienslewering met stakings wanneer dit hulle pas, en ontwrig die verkeer op vele maniere.

Die roekelose bestuurders met hulle dikwels oorlaaide vrag is vir die hele land ’n kopseer, behalwe vir die eienaars van die minibusse wat genoeg gld daarmee verdien om nie die voertuig ta laat versien op die gereelde tye nie.

Die minibus het ’n groot hap geneem uit die munisipale busse wat werkers vanaf treinstasies na hulle werkplek vervoer het, en daarmee ook die bestaan van treine wat mense vanaf lokasies na werkplekke neem, aansienlik verminder.

Wat egter moes gebeur, is dat die spoorverkeer, wat hoogs effektief was, in ere te herstel, en daarmee baie duisende werksgeleenthede geskep het.

Dit het nie net die voordeel van baie werksgeleenthede nie, maar verseker ook dat paaie nie deur swaar vragmotors verniel word nie.