Talle sterf in aanvalle in Sri Lanka

Minstens ses bomontploffings by luukse hotelle en verskeie kerke van die Islam inwoners het die dood van 207 mense veroorsaak.

Tydens die aanvalle is meer as 400 mense ernstig gewond, en na hospitale vervoer wat tot algehele chaos gelei het/

Polisie woordvoerders sê die dodetal kan nog verder styg nadat die ses ontploffings feitlik gelyktydig op Sondagoggend plaasgevind het.

Die merkwaardige is dat die ontploffings in drie luukse vyfster hotelle in die hoofstad Colombo was. Die hotelle het almal ernstige struktuur skade opgedoen, waarvan twee hotelle na aan die premier se kantoor geleë is.

By minstens twee kerke, sowat 30 kilometer tn noorde van die hoofstad, en nog ’n kerk ten ooste het massiewe ontploffings gehad waar mense om hulp groep het na die geweldige slagting.