Talle senior polisiebeamptes met kriminele rekord

Minister Bheke Cele

Minister Bheke Cele en Khehla Sitole het op navraag bekendgemaak dat 32 senior lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens kriminele rekords het.  Die name van die polisiebeamptes is nie bekendgemaak nie, en antwoorde is nie verstrek op hoe lank die SAPD reeds bewus is van die toedrag van sake nie.

Die beamptes se skuldigbevindings wissel van bedrog, openbare geweld, minagting van die hof, aanranding, drankwet oortreding en selfs verkeersoortredings. 

Meer as 4,100 gewone lede van die mag het kriminele oortredings en kenners meen dit is een van die hoofredes waarom so baie wetsoortreders nog vry rondloop.