Swaar reën laat talle sterf in Iran

Twee weke van deurdringende reën het die hele Iran tot ’n massiewe rampgebied omskep waar die nasie deur vloedwater bedreig is.

Sowat 80 mense het reeds omgekom en die verwagting is dat nog meer sterftes aangemeld sal word.

Honderde woonhuise en nog meer motorvoertuie is dur die vloedwaters meegesleur om menige sonder huis of haard te laat.

Die is die swaarste reënneerslae in 100 jaar wat oor meer as twee derdes van Iran uitgesak en oorstromings veroorsaak het.

Die owerheid het in ’n verklaring gesê minstens ses stede langs die Karkheh Rivier is totaal verwoes en moet waarskynlik herbou word.

Die moontlikheid van nog swaar neerslae word voorspel, en reddingswerkers is oorlaai van nood werk wat gedoen moet word.

In sekere stede het die rivier oor sy walle gestroom en in sekere plekke was woonhuise tot 1,5 meter diep in die water.