Suid-Amerikaanse state isoleer Maduro

Ambassadeur Gustavo Tarre

Die Suid-Amerikaanse state het ’n stap verder gegaan om die omstrede diktator, president Nicolas Maduro van Venezuela te isoleer.

Die jongste optrede van die Organisasie va Amerikaanse State (OAS) se besluit om Venezuela se tussentydse president, Juan Guaido, se aangewese ambassadeur as verteenwoordiger by die OAS te aanvaar, is ’n harde slag vir Maduro.

Gustavo Tarre is aangewys as die nuwe ambassadeur wat Venezuela sal verteenwoordig na die OAS se stemming, en daarmee word Maduro se regering verder geïsoleer van die buurlande in Suid-Amerika.

Die OAS is die twee multilaterale organisasie in die Suid-Amerikaanse gebied wat nie die Maduro regime erken nie, en volle steun gee aan die opposisieleier, Juan Guaido.

Die Inter-American Development Bank het verlede week die voortou geneem om Juan Guaido te erken toe Ricardo Hausmann as hulle verteenwoordiger aangewys is.