Steve Hofmeyr en die borge

Dit is reeds geruime tyd nuus dat druk vanuit ANC geledere daartoe gelei het dat borge hul steun aan konserte gaan onttrek waar Steve Hofmeyr optree.

Hofmeyr sing gereeld die Afrikaners se volkslied, Die Stem tydens sy optredes tot groot waardering van die gehore. Pick&Pay en Land Rover het reeds in 2015 hul borgskap aan “Afrikaans is Groot” onttrek terwyl Media 24, MTN, en Coca Cola aangekondig het dat hulle verhoudings met AIG beëindig is. 

Toyota SA het aangekondig dat hulle borgskap die maand beëindig sal word vanweë druk deur Panyaza Lesufi.

TSAM het egter hul steun bevestig aan die ontwikkeling van kuns en kultuur solank dit diversiteit en sosiale samehorigheid bevorder. 

Die organiseerders gaan voort met die promosie van Afrikaans Is Groot en maak staat op die publiek om die byeenkoms te steun.

Dit het lankal tyd geword dat “groot” organisasies wat anti-Afrikaans en anti-blank sentimente handhaaf by die betaalpunte deur ons mense gestraf  word.  Diegene wat die mense ondersteun wat pro-swart en anti-wit is, is niks anders as Joiners en Hans ANCers.

Paul Malherbe