Steun styg vir Skotse onafhanklikheid

Volgens die jongste meningspeiling word toenemende steun vir onafhanklikheid in Skotland ondervind nadat die moontlikheid al groter word dat die Verenigde Koninkryk (VK) uit die Europese Unie gaan tree.

Skotland het in die referendum van die VK, ’n meerderheid stemme ten gunste van voortgesette lidmaatskap uitgebring.

Volgens ’n peiling wat die afgelope naweek gepubliseer is, heet die steun gegroei tot 45% wat kan beteken dat Skotland met hulle voorgenome referendum in 2021, hul lidmaatskap van die VK kan beëindig.

In 2014 het Skotland ’n referendum oor onafhanklikheid gehad waartydens die meerderheid kiesers teen so ’n stap gestem het.

Die Skotte is egter sterk ten gunste van voortgesette EU lidmaatskap, wat die skaal kan swaai vir onafhanklikheid indien die VK se Brexit deurgevoer word.