Staking laat duisende passasiers gestrand

Uit Stockholm word berig dat ’n staking van die Sweedse SAS lugredery se vlieëniers gelei het tot di kansellasie van honderde vlugte wat duisende passasiers in uiters moeilike omstandighede gelaat het.

Minstens 587 geskeduleerde vlugte moes Saterdag gekanselleer word, wat meer as 640,000 passasiers geraak het.

Die redery se vlieëniers het Vrydag begin staak weens ’n ernstige loongeskil met die redery se bestuur, wat daartoe gelei het dat minstens 70% van die vlugte gekanselleer moes word.

Swede word baie selde deur stakings ontwrig, en die huidige staking word as een van die ergste in ’n dekade gesien, en het gelei tot herbeplanning van roetes van sowat 170,000 passasiers.