Staatsgreep in Soedan uitgevoer

Die president van Soedan, Omar al-Bashir, is afgesit uit sy amp deur offisiere van die Weermag, en die Minister van Verdediging het bevestig dat die militariste beheer oor die land geneem het.

Volgens die minister sou militariste die beheer van die land na twee jaar oorgeneem het, en regerings woordvoerders sê die Leërmag se offisiere het die president gevange geneem en ook na ’n veilige plek geneem.

Soedan het die afgelope maande aanhoudend betogings gehad deur inwoners wat die bedanking van die president geëis het.

Ooggetuies beweer dat die militariste die president se party omver gewerp het en beheer oor die land aangekondig waarby die media betrek is om die oorname bekend te maak.

Of die woedende inwoners hulle optogte en betogings gaan beëindig, is nog nie bekend nie.