Sri Lanka sterftes styg na aanslag

Die polisie in Sri Lanka het reeds 18 verdagtes gearresteer vir die bomaanvalle wat verwoesting gesaai het onder burgerlikes in luukse hotelle en kerke tydens die Paasnaweek.

Die veiligheidsmagte het die noodtoestand gebruik om enige moontlike verdagte aan te keer, en die regering reken die sterftesyfer kan nog veel hoër wees as wat tans bekend is.

Die totale sterftes wat bekend is, staan op 359 mense, waarvan sowat 40 toeriste uit ander lande is wat omgekom het.

Onder die buitelandse besoekers is drie jong kinders van ’n Noorweegse miljardêr, en verskeie Amerikaans besoeker het ook in die aanslag omgekom.