Sri Lanka slagting is weerwraak

Die stryd tussen Christen en Moslem het waarskynlik begin nadat 50 Moslems in Christchurch omgekom het toe ’n skieter op kerkgangers losgebrand het.

Dit blyk noudat die aanval in Sri Lanka op drie kerke waar Christene die Paasfees diens bygewoon het, omgekom het in weerwraak van die aanval in Christchurch.

Die aanval word beskou as een van die grootste aanvalle op Christene in die afgelope vyf jaar, en kan vertolk word as ’n oorlog wat begin is tussen radikale ondersteuners van die Christendom en die Moslem geloof.

Kenners beweer dat die aanslae in Sri Lanka kan verder toeneem, en het gewaarsku dat meer aanvalle nie uitgesluit is nie.

Die terroristegroep Islamitiese Staat het intussen verantwoordelikheid aanvaar vir die bloedbad in Sri Lanka, en verklaar dat dit in reaksie op die Christchurch voorval uitgevoer is, maar deskundiges sê dit is die verslane IS terreurgroep se metode om verlore aansien as ’n mag te probeer herwin.