Sri Lanka dood Islamitiese terroriste leier

Zahran Hashim, die leier van die Islamitiese terreurgroep wat verantwoordelik gehou word vir die dood van honderde mense in Sri Lanka is klaarblyklik doodgeskiet.

Die land se president, Maithripala Sirisena, sê egter die terroris is gedood tydens die Paastyd in ’n onverwagse ontploffing.

Intussen het die polisie begin met ’n jagtog om sowat 1,500 verdagtes met verbintenisse met die Islamitiese Staat terroriste het, aan te keer.

’n Klein terroristegroep, bekend as National Thowfeek Jamaath (NTJ_ word ook verdink, en die vermoede bestaan dat hulle saam met die IS terroriste opgetree het.

’n Video is later gevind waarin die leier van die NTJ kontak gemaak het met die Islamitiese Staat se leier wat nou gedood is.