Sri Lanka dodetal styg verder

Die dodetal na die aanvalle Sondag in die hoofstad van Sri Lanka het verder gestyg tot nagenoeg 290, en die gewondes en beseerdes het nou meer as 500 geword.

Woordvoerders meen die getalle kan nog verder styg, maar ondersoekers is hard besig om die skuldiges op te spoor.

Minstens ses verskillende ontploffings het die land geruk, waarvan drie in luukse vyfster hotelle was en drie in verskillende kerke.

Minstens 24 verdagtes is reeds aangekeer, maar die polisie glo dat meer mense by die slagting betrokke was.

Geen terreurgroep of moontlik rebellemag het tot hede verantwoordelikheid aanvaar vir die bloedbad nie, maar die polisie ondervra honderde inwoners wat in die omgewings woon waar die ontploffings was.