Spanje kies nuwe regering

Nasionalis Santiago Abascal

Terwyl politieke leiers gereedmaak om die verkiesing van ’n nuwe regering moontlik te maak, bly dit vir elke Spanjaard die mees onsekere verkiesing van alle tye.

Die land was rgeer deur ’n minderheidsparty van die konserwatiewes, en is later vervang met ’n tweede minderheidsregering van die sosialiste, wat tot hede op wankelrige wyse in die stoel bly.

Slegs een saak is baie duidelik: ongeag wie van die politieke partye die verkiesing gaan wen, sal dit immers ’n manlike Eerste Minister wees, en sal redelik jonk in jare wees, blank en ’n Spanjaard van geboorte.

Volgens die vroegste inligting van Maandagoggend, het die Eerste Minister, Pedro Sanchez, se Sosialiste die beste gevaar alhoewel nie ’n volstrekte meerderheid verkry is nie.

Hy sal waarskynlik met meer as een politieke party ’n koalisie moet vorm om in die stoel aan te bly, maar die nasionalistiese Vox party het ook dramaties gegroei en sal vanjaar vir die eerste keer in die parlement ’n sterk verteenwoordiging hê.

Kommer het die afgelope maand onder kiesers gestyg oor die moontlikheid dat die nasionalistiese Santiago Abascal se Vox party ’n stewige groei kan toon, wat dan ook bewaarheid is, alhoewel die Sosialiste ook ’n sterk groei getoon het en weer sal regeer..