Soldate rebelleer teen studiewerk

Die Weermag het probeer om sy optrede te verdedig met die afdanking van 35 soldate wat glo ontevrede is dat hulle vyf jaar mediese opleiding ontvang het en nie erkenning daarvoor kry nie.

Die Weermag sê die soldate is afgedank omdat hulle geweier het om aan te meld by Kuba se mediese opleiding sentrum wat beskou is as ’n waardelose mediese graad.

Die SA Nasionale Verdedigings Unie het egter gedreig dat regstappe teen die Departement van Verdediging geneem gaan word oor die 35 soldate se afdanking.

Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die departement sê die afdanking was binne die raamwerk van die wet gedoen deur middel van die militêre vervolger en regslui.

Dlamini sê die optrede is op militêre basis toegepas en nie op burgerlike wette nie, wat klaarblyklik aansienlik verskil van mekaar.