Soedan kiesers bestorm militêre basis

Woedende kiesers het in duisende saamgekom en ’n massa optog na die Minister van Verdediging gehou om weereens te eis dat hulle ’n demokratiese verkiesing moet hou om ’n burgerlike regering saam te stel.

’n Ooggetuie beweer dat die kiesers die Militêre Oorgangsraad wil verwyder uit hulle ampte nadat nog drie senior offisiere hul bedankings ingehandig het.

Die kiesers wat in groot getalle betoog, het geen teken van vrees getoon toe weermag troepe opgedaag het nie, en staan onwrikbaar daarby dat hulle nie sal ophou met protesteer nie, tot die militariste ’n algemene verkiesing uitskryf vir die kies van ’n demokratiese regering nie.

Vroeër het die Weermaghoof wat die tussentydse regering sou saamstel, weens die druk van kiesers na die dae sy bedanking ingehandig.