Skotland neig na onafhanklikheid

Nicola Sturgeon

Skotland se Eerste Minister, Nicola Sturgeon, het gesê die regering van Skotland sal die nodige eerste stappe doen vir die hou van ’n referendum oor onafhanklikheid.

Sy het daarop gewys dat so ’n referendum teen Mei 2021 gehou gaan word en hoop om die nodige uitklaring vir alles te kry teen die einde van hierdie jaar.

Nicola Sturgeon is bekend daarvoor dat sy ten gunste van afskeiding uit die verenigde Koninkryk is, en haar pas aangekondigde verklaring oor die referendum spruit uit die situasie waarin Skotland gedwing word met die uittrede uit die Europese Unie.

Skotland het met ’n sterk meerderheid van stemme tydens die referendum van die Verenigde Koninkryk aangedui dat hulle lidmaatskap wil behou.

Nicola Sturgeon het toe reeds gewaarsku dat wanneer die Verenigde Koninkryk sou uittree as lid van die EU, sy Skotland se kiesers voor die keuse sal stel om onafhanklik te word van die Verenigde Koninkryk sodat hulle as onafhanklike land, weer tot die EU kan toetree.

Die Eerste Minister sê die referendum sal na verwagting in Mei 2021 gehou word wanneer die huidige parlement se termyn ten einde loop.