Skelm regeerders

Die afgelope maande het Die Vryburger byna daagliks berigte gehad van mense wat in die regering se sagte stoele sit terwyl hulle op die koue sement van tronkselle hoort.

Iemand het aan die redaksie gemeld dat dit opvallend is hoe die diewe optree, en nie tevrede is met ’n meer as billike loon vir hulle arbeid nie, maar roekeloos steel van die regering, die belastingbetaler en van iedereen wat genoeg het om goot somme geld weg te dra.

Dit is merkwaardig hoe die stelers mik om miljoene Rand te bekom, en huiwer nie om grootskaals te roof nie.

Hierteenoor staan die aanklag dat menige getuig voor kommissies, maar nooit gedink het daaraan om lank terug al ’n klag te lê, of om fluitjie te blaas nie.

Deur dit alles heen moet die Boere-Afrikaners toekyk hoe miljoene, nee miljarde Rand van swaar verdiende geld aan die staat betaal word as belastings, maar wat dan in die sakke van sakkerollers beland.

Die korrupsie in vele entiteite wat deur regeerders byna soos ’n stokperdjie bedryf word, het die afgelope maande na die oppervlakte gekom, en dit laat die Christen-gelowige vra wanneer kry ons ’n Christelike regering in ’n Christelike volkstaat waar sulke diewe en korruptes so swaar gestraf sal word dat niemand daardie diewery sal oorweeg nie.

Die diewe se volle verhaal van hoe gesteel en bedrieg is in die afgelope 25 jaar van swart meerderheidsregering, is so omvangryk dat alles waarskynlik nooit bekend sal word nie.

Dan vra ons: Wat gaan die regeerders doen om die nimmereindigende korrupsie en diefstal te stop, of gaan hulle maar soos voorheen, saam steel en saam as korruptes die toekoms in tot hierdie land finaal knak soos die noordelike buurstaat?