Sjina wil Bitcoin verban

Sjina is bekend as die wêreld se grootste mark vir rekenaar ysterware wat ontwikkel is om minstens nege kripto stelsels, waarvan biitcoin een is, te produseer.

Die Nasionale Ontwikkeling en Hervorming Kommissie het die week gesê daar word na openbare menings gesoek oor metodes en die wyse waarop kripto geldstelsels se toelating hersien word om selfs beheer en strenger maatreëls daarop in te stel.

Die “myn” van ondermeer bitcoin en sowat 450 soortgelyke kripto geldstelsels behoort geleidelik uitgefaseer te word, maar kenners sê dit is nie uitvoerbaar nie aangesien die “myn” van kripto geld wêreldwyd gedoen word.

Dit is opvallend dat teiken datums vir die sogenaamde uitfasering nie gestel is nie, wat die indruk laat dat die opstellers self bewus is van die moeilike taak om beheer toe te pas.

Sie Sjinese koerant in besit van die staat, Securities Times berig dat ’n voorlopige verslag vir die industriële beleid oor die aangeleentheid opgestel is.

Die bedoeling is om ’n vast beleid geformuleer te kry wat uiteindelik beheer oor die kripto geldstelsels sal verseker, het ’n woordvoerder van die Sjinese owerheid gesê.

Meningsvormers reken egter die Sjinese regering wil beheer oor die kripto industrie neem soos wat gedoen is met die beheer van die internet in Sjina.

Een van die Sjinese wat op ’n biitcoin myner is, sê hulle is nie verras deur die Sjinese regering se optrede nie.

Die Sjinese owerheid sê die virtuele geld wat gemyn word, vermors te veel elektrisiteit met die duisende rekenaars wat onophoudelik aangeskakel bly.