Sjina en Asië kry miljard se transaksies

President Xi Jinping

Die Sjinese President Xi Jinping sê meer as $64 miljard se waarde in goedere is in transaksies betrokke en kontrakte onderteken tydens Sjine se nuwe inisiatief.

Die sogenaamde “Belt & Road” inisiatief is die tweede geleentheid waarin Sjina met Europa ’n Asië vergader het om handelstransaksies onderling aan te gaan.

Die Sjinese president het die aankondiging gemaak in sy sluitingsrede die afgelope Saterdag in Beijing en gesê die byeenkoms was ’n sukses vir al die lande wat teenwoordig is.

Die byeenkoms wat gehou is in die Sjinese “Great Hall”  van die nasie, is die tweede van die aard wat Sjina van stapel gestuur het nadat onderhandelings met die VSA nie goed afgespring het nie en die Sjinese ekonomie ernstig agteruit gegaan het.