Sikloon tref Mosambiek teen 280 km per uur

Sikloon Kenneth het die noordelike provinsie van Mosambiek met ’n geweldige slag getref toe dit Vrydagnag teen 280 kilometer per uur die kus bereik het.

Binne enkele minute is aangekondig dat minstens drie mense omgekom het en dat waarskuwings seine uitgestuur is om mense te laat besef van die groot gevaar.

Terwyl Mosambiekers nog sukkel om te herstel van die vorige sikloon, is berigte ontvang dat die tweede een veel erger is as wat aanvanklik gemeen is.

Die sikloon het see golwe van hoër as 5 meter opgewek wat die kus oorspoel het en alles in die nabyheid meegesleur die diepsee in.

Bome en kragdrade is vernietig en woonhuise is soos kaart huisies omgewaai, terwyl voertuie en onbegaanbare paaie die kommunikasie netwerke  ontwrig het.

Die Verenigde Nasies se waarskuwing wat uitgestuur is sê Sikloon Kenneth is buitengewoon gevaarlik en mense moet alles moontlik doen om hulle gesinne te beveilig.