SAPD generaal geskors

Bonang Mgwenya

Bonang Mgwenya, die Adjunk-kommissaris van Polisie is geskors. Dit volg na beweerde inmenging oor haar seun se aansoek om ‘n leerling bestuurders lisensie.

Bewerings van bedrog en korrupsie is deur die Onafhanklike Polisie Ondersoek Eenheid aangegee as die rede vir die skorsing. 

Bonang het die tweede hoogste rang in die polisie beklee naas die Kommissaris van Polisie. Sy is die vierde senior beampte wat geskors is na Deliwe De Lange, Khomotsi Phahlane en Johannes Mokwena.

Die twis tussen Bheke Cele en Khehla Sithole het aansienlik vererger na die skorsing.