Saoedi kan dalk kernwapens ontwikkel

Wenkbroue het opgeskiet nadat dit bekend geword het dat die Amerikaanse regering dit oorweeg om Saoedi-Arabië te help met die ontwikkeling van kernkrag tegnologie.

Vrese bestaan nie net in die VSA nie, maar regoor die Westerse wêreld dat sulke bystand deur Amerika kan lei tot nog ’n moondheid wat kernwapens vervaardig.

Die administrasie van President Donald Trump het goedkeuring verleen aan sekere instansies in Amerika om kern-tegnologie aan Saoedi te verkoop en boonop tegniese bystand te verleen.

Die hoof van die VSA Energie Sekretaris, Rick Perry, het die Senaat se Wapen Diens Komitee dienooreenkomstig ingelig die afgelope week.

Die olieryke Saoedi-Arabië is in proses om twee kernkragsentrales op te rig sodra die inligting bekom is, maar kenners het hulle kommer uitgespreek oor die toegewing.

Die Kroonprins  Mohammed bin Salman het vroeër erken dat Saoedi-Arabië daarna streef om kernwapens te ontwikkel vir die land.