Sakevertroue op sy laagste

Volgens die SA Kamer van Handel en Nywerheid  het die sakevertroue tot sy laagste punt gedaal vir hierdie jaar en volgens die Kamer reflekteer dit ‘n klimaat van depressie. 

Die rand se daling, krag onderbrekings, verhoogde krag tariewe en die verlangsaming van die vervaardigers sektor dra by tot die toestand. Intussen sit besigheids makelaars met ‘n oorskot van besighede wat in die mark is waarvoor daar tans nie ’n kopersmark bestaan nie.

Sakemanne is letterlik besig om “weg te hardloop” terwyl die aanvraag van nuwe sakelui ‘n laagtepunt bereik het.  Dieselfde tendens kom ook voor in die eiendomsmark waar daar weinig kopers is wat belangstel om eiendomme of plase te koop, en behalwe vir die swak ekonomiese vooruitsigte, bestaan daar vrees dat grondgryp nog groter in omvang kan raak na die verkiesing.