SABC Senior beampte skuldig

Chris Maroleng

Die SABC se Hoof Operasionele Beampte, Chris Maroleng, is skuldig bevind op drie klagtes.  Hy is skuldig bevind dat hy nie sy verantwoordelikheid nagekom het om die entiteit korrek te bestuur nie.

Sy aanstelling van Marcia Mahlalela en Carmen Schneider was ook teenstrydig met die Raad se beleid. Intussen is Tshifhiwa Mulaaudzi, hoof van die kommersiële eenheid, verlede week geskors hangende ‘n ondersoek.

Intussen is die bankrot SABC se nuwe direkteure aangewys nadat die vorige Raad bedank het, maar waarnemers is nie oortuig daarvan dat die nuwe Raad die kreupel uitsaaidiens gaan regruk nie.