SABC ontslaan senior beampte

Die SABC het bevestig dat Chris Maroleng, die uitsaaier se hoof operasionele beampte se kontrak beëindig is.

Maroleng het aangetoon dat hy die skorsing gaan beveg na ‘n dissiplinêre komitee hom skuldig bevind het aan growwe nalatigheid. 

Sy kontrak is beëindig met onmiddellike effek en Tshifiwa Malaudzi, hoof van die kommersiële afdeling by die SABC is vroeër die maand ook geskors.

Die bedanking van die SABC se Raan van direkteure was een van die eerste voorvalle vanjaar wat getoon het dat alles nie pluis is in die SABC se strukture nie.