SA word gestraf met sukkelende Rand

Suid-Afrika word swaar gestraf met die Rand wat al verder verswak teen die belangrikste betaalmiddele soos die Pond, Dollar en Euro.

Die swakker Rand maak die handel met buitelandse instansies al moeiliker, en veral die kleinhandel sukkel met die lae omset met ingvoerde kommoditeite.

Met die Rand wat weereens met 1,5% teruggsak het teen die Amerikaanse dollar, het die motoris ook ’n gevoelige slag gekry met die styging van brandstof se prys, en is die vooruitsig van ’n verdere styging kommerwekkend.

Die gesondheid van mense ly direk onder die toestand aangesien peilings toon dat die verbruiker minder voedsame kossoorte begin koop in ’n poging om die stygende lewenskoste teen te werk.

Die werkerskorps, waarvan die vakbonde voor in die ry staan, eis al meer, en al groter salaris verhogings om die koopkrag van die swak Rand uit te kanselleer, wat weer lei tot verdere prysstygings in di maalkolk van inflasie.