SA swemmers presteer goed

Erin Gallagher

Erin Gallagher het haar rekord weer verbeter tydens die Nasionale Kampioenskappe in Durban toe sy die vroue afdeling vir die 100 meter vlinderslag in 57,67 sekondes afgelê het.

Met die prestasie het sy weer haar plek oop geswem vir die Finale Wêreld Kampioenskap wat in Julie gehou word.

Die vorige dag het sy ook die rekord geslaan in die 50 meter vlinderslag afdeling vir vroue, en sal sy weereens SA verteenwoordig in die Internasionale Kampioenskap.

Chad le Clos het ook sy prestasie uitgebrei toe hy die wenkant van die swembad muur aangeraak het in 52.13 sekondes vir die 100 meter afstand.

Kort op sy hakke was die jong swemmer, Ryan Coetzee, wat ook sy plek verseker het na die kampioenskappe.