SA ekonomie steier

\

Die Wêreldbank het bekend gemaak dat die Suid-Afrikaanse ekonomie sal sukkel om tred te hou met die res van die sub-Sahara streek terwyl sakevertroue kwyn.

Hervorming in die land vind nie plaas nie, terwyl politieke onsekerheid beleggers weerhou van deelname.

Groei in 2019 word geraam op 1,3% en 1,7% in 2020. 

Die ANC president Cyril Ramaphosa se “uitkyk” op die toekoms toe hy ‘n 3% groei voorspel het met sy oorname, het in die sand weggeraak, sê ekonome.

Streke in die sub-Sahara gebied se groei vir 2019 beloop 2,8%.